1 Proto-Indo-Europees en die Heimat in Armenië Sowat 46% van die wêreldbevolkin

1 Proto-Indo-Europees en die Heimat in Armenië Sowat 46% van die wêreldbevolking – 3.2 miljard mense – praat vandag Indo-Europees as moedertaal. Die talrykste tale is Spaans, Engels, Hindustani, Portugees, Persies, Bengali, Duits en Russies wat elk oor meer as ˈn honderd miljoen sprekers beskik. Afrikaans is ˈn lid van die Wes-Germaanse familie saam met Duits, Engels, Friesies, Nederlands en Vlaams. 2 Proto-Germaans is gerekonstrueer uit Wes-, Noord- en die uitgestorwe Oos-Germaans volgens die taalkundige rekonstruksietegniek waardeur mens Latyn kry indien jy Frans, Italiaans, Spaans, Katalonies, Portugees en Roemeens as basis gebruik. ‘n Rekonstruksie word deur ‘n asterisk *bʰ , *dhwer (deur) voorafgegaan. Die Indo-Europese families Germaans, Kelties, Balties, Italies (Romaans), Grieks, Albanies, Armenies, Indo-Iraans, Slawies en die uitgestorwe Anatolies en Togaries, stam uit Proto-Indo-Europees, wat deur middel van taalkundige rekonstruksie tot ‘n redelike mate aan ons bekend is. Die Proto-Indo-Europeërs was ‘n werklike spraakgemeenskap wat in dorpies saamgewoon het en landbou sowel as veeteelt beoefen het. Oor die tuisland van die sprekers is nog geen konsensus bereik nie. Verskillende streke soos die Balkan, Middel-Europa, Siberië, Anatolië en die Oekraïene is al as die wig van Indo-Europees voorgehou. Die gunsteling is tans die Pontiese Steppeteorie, terwyl die Anatoliese teorie nommer twee is. Die Steppe-hipotese plaas die geboorte van Proto-Indo-Europees op die Pontiese steppe (nou Oekraiene) sowat sesduisend jaar gelede, as die taal van die Yamnaya-kultuur. In 2012 het Remco Bouckaert en ‘n span wetenskaplikes vir die eerste keer ‘n Bayesiese filogeografiese benadering ingespan1 om die raaisel te probeer oplos. Hulle het bevind dat ‘n Anatoliese oorsprong van PIE sowat agt duisend jaar gelede waarskynlik is. 3 Greenberg se Eurasiatiese familie Indo-Europees Oeralies-Yukaghir Altaïes (Mongools, Chuvash-Turks en Manchu-Tungus) Japanees-Koreaans (Koreaans, Ainu, en Japanees-Ryukyu) Gilyak (Nivkh) Chukchi-Kamchatkaans Inuit-Yupik-Unangan 4 Die tergende raaisel van Proto-Indo-Europees is dat die taal sekere strukturele vorme met die tale van Noord-Eurasië deel, (vanaf Finland oor Siberië en die verre noorde van Kanada tot by Groenland), en ander elemente in gemeen het met Semities, lid van die Afro-Asiatiese taalfamilie van die Midde-Ooste en Afrika tot so ver wes as Mali en so ver suid as Tanzanië. Hier word nie na universele taalverskynsels of algemene ooreenkomste verwys nie, maar na spesifieke kenmerke uniek aan die tale onder bespreking. Die Afro-Asiatiese Familie: Semities, Berber, Egipties/Kopties, Kusities, Tsjadies en Omoties. Aan die noordelike kant deel PIE morfologiese eienskappe met die Oeraliese, Inuit- Yupik-Unangan, Makro-Altaïese en ander taalfamilies van dié uitgestrekte gebied, wat dui op langdurige wedersydse beïnvloeding of ‘n oer-oue genetiese verwantskap. Daar is strukturele parallelisme in kernmateriaal soos die foneme van voornaamwoorde, en ooreenkomste in grammatika. Hieronder tel die M-T (ek-jy) voornaamwoord-tipe, meervoudvorming deur -t aan die stam te heg, en dualisvorming met -k. 5 Die beroemde Dr Joseph Greenberg wat in die 1950s die Afrikatale geklassifiseer het, het in 2000 ‘n Eurasiatiese Familie aan die hand gedoen. Hy bespreek die fonetiese en morfologiese bewyse van verwantskap in sy boek Indo-European and Its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family. Die kern van sy argument is 72 morfologiese kenmerke wat by al die betrokke taalfamilies voorkom. Kognate in die woordeskat is egter beperk, en lenings het in een rigting van PIE na hoofsaaklik Proto-Oeralies beweeg. Die tale hier gelys word as Eurasiaties beskou: Aleut, Ainu, Bashkir, Buryat, Chukchi, Chuvash, Estnies, Fins, Karelies, Inuit, Inuktitut, Itelmen, Khalkha, Khanti, Komi, Koryak, Manchu, Mansi, Mari, Mongolies, Mordvin, Nganasan, Nenets, Nivkh, Sami, Samoyed, Tatar, Tungus, Tuvan, Udmurt, Yakut, Yupik. 6 Die Semitiese tale vorm deel van die Afro-Asiatiese familie wat uit Ou Egipties, Kopties, Berber, Tsjadies, Omoties en Kusities bestaan. Individuele tale sluit in Hausa van Wes-Afrika en Iraqw van Tanzanië. Onder die tipologiese parallelle met PIE is geslagsaanduiding, klinkergradering en ‘n stelsel van medeklinkers wat drie groepe sluitklanke insluit: stemloos, stemdraend, en glottaal. Wat veral merkwaardig is van die PIE – Proto-Semitiese interaksie, is die vroeë leenwoorde wat wedersyds tussen PIE en PSem uitgeruil is: veral name van plaasdiere, gesaaides, en gereedskap. Akkadies is die oudste Semitiese taal wat ‘n rekord gelaat het, van vroeg in die derde millennium vC, in die vorm van ekonomiese dokumente, briewe, literêre tekste, en koninklike korrespondensie. Die naam Akkadies kom uit die byvoeglike naamwoord akkadum wat na die hoofstad van Sargon / Sharrrukkin van Akkad verwys. Die taal van die stad Ebla is nou verwant daaraan. Van die vroegste tye het Akkadies en Sumeries mekaar wedersyds beīnvloed; die gevolg daarvan op Akkadies was ‘n verlies aan keelklanke en ‘n SOV sinstruktuur wat drasties van ander Semitiese tale verskil. 7 Die Hoogland van Armenië Die Armeense Hoogland is die sentrale en hoogste gedeelte van die drie plato’s wat die noordelike deel van Wes-Asië uitmaak: die Anatoliese plato, die Kaukasus, en die Iranse plato. In die werk The Indo-European Language and Indo-Europeans (1984) identifiseer Vyacheslav Ivanov en Tamaz Gamkrelidze die voorvermelde gebiede as die vroegste tuisland van die Indo-Europeërs. Dis nie onmoontlik om die oorspronklike woongebied van ‘n spraakgemeenskap uit die taal se woordeskat te identifiseer nie. Die huidige probleem is dat almal aandring op argeologiese bevestiging, wat eintlik onlogies is. Soveel geheime lê begrawe onder die oppervlak, en blote materiële oorblyfsels sal nooit kan bevestig watter taal of tale die mense van ‘n argeologiese kuluur gepraat het nie. Volgens die woordeskat van die sprekers van Proto-Indo- Europees moes die natuurlike eienskappe van die gebied in die leksikon van die prototaal weerspieël word. PIE-spesialiste is nogal streng met die bepaling van wat ‘n PIE-woord is: Voordat ‘n woord as PIE aanvaar word, moet dit in beide die westerse en die oosterse groep gevind word, binne ‘n verwante spektrum van betekenisse. Die westerse groep is die Kentumtale, en die oosterse groep is die Satemtale (hoewel Togaries as geografiese uitsondering in die Tarimkom van Xinjiang gepraat is). Die PIE woord vir 100 was *ḱm ̥ tóm. In die Kentumtale Kelties, Grieks, Italies, Germaans, Anatolies en Togaries, het die velêre klanke /ḱ/ en /ǵ/ (kj en gj) in “gewone” /k/ en /g/ verander, sodat mens Latyn centum kry (waar die c ‘n k is), en honderd in Afrikaans (omdat die Germaanse k intussen in h verander het). In die Satemtale soos Sanskrit, Balties en Slawies het /ḱ/ en /ǵ/ verander in /s/ of /ʃ/, soos Sanskrit śatam, Litous šimtas, Letlands simts. 8 Die Landskap van die Proto-Indo-Europeërs Die woordeskat van PIE getuig van ‘n boomryke omgewing van berge, heuwels en klowe, valleie, kranse en rante. Konsepte soos *bhergh (hoog), *kholnis (heuwel), *mn ̥ s (berg), *khl̥men (piek), *har (vallei), *sledh (berghang), *rainos (rant), * kl̥dis (bergpaadjie), *dholos (kloof), *lonko (riviervallei) en *khamm (bergwoud) skakel die plat grasvlaktes van die steppe uit. Dit was ‘n waterryke gebied met riviere, mere, poele, stroompies en vleilande. Die werkwoord *dhenand (vloei) en dhān (rivier) waaruit riviere soos die Don, Donau, Dniepr en Dniester hulle name gekry het. Naamwoorde soos *wr ̥ stā (reën), *wed (nat), *wodor (water), *mor/*mar (see, meer, moeras), *oru (meer) is volop in die taal. Verder ook *wend (golf), *lindh (dam), *selo (vleiland), *palo (klei, modder), *pan (vlei), *aperos (oewer, rivierbank), *dhūn (kus), *sol (eiland), *almos (fontein), bhoglā (rivier/beek soos in Liesbeeck) en *pont (brug) Wolk (*nebhos), donder (*tontrom), storm (*m ̥ bhros), sneeu (*sneigs), ys en koue (*eis /*is) en wind (*wentos) was algemene verskynsels, terwyl die as- (*Hos), beuke- (*bhaHk), berke- (*bherHk) en denneboom (*phith) alombekend was, net soos appels (*samlu), kersies (*khrno), moerbeie (*moro) en die roos (wr ̥ t). 9 Fauna in hierdie streek sluit in die wolf (*wl̥kwos), jakkals (*wolpis), luiperd (*phars), leeu (*lewos), wildekat (*leukh), olifant (*lebhonth), en voëls soos die gans (*ghans), en die kraai (*korniks). Huisdiere is die hond (*kwōn, kwonos), en kat (*kattā), en plaasdiere sluit skape (*owis) en beeste (*peku) in. Die bovermelde versameling natuur-, botaniese en soölogiese terme spreek van ‘n boomryke berglandskap waar leeus en olifante bekend is, wat die steppe en Europa uitsluit. Mesopotamiese Substratum ‘n Oer-oue substratum van plekname en beroepsterme in Mesopotamië is ouer as die Sumeriese taal. Nie een van die antieke stede – Urim, Uruk, Larsa, Adab, Lagas, Bad Tibira en Zimbir – het ‘n Sumeriese naam nie, en die woorde vir ploegman (engar), herder (sipad), smid (simug), bouer (shidim) en metaalwerker (tibira) is nie Sumeries of Semities nie. 10 Gordon Whittaker het ‘n substratumtaal identifiseer, wat Proto-Eufraties genoem word en waarskynlik Indo-Europees is. Dis die taal van die mense wat landbou na suidelike Mesopotamië gebring het tydens die Vroeë Oebaid-era (5300 tot 4700 vC). Dit sou die vroegste bewys van ‘n Indo-Europese taal wees wat nog gevind is. Die naam van die landstreek, Kalama, mag betrekking hê op die PIE woord *kolHm (riete). Nippur, die stad van Enlil (Heer van die Wind), dui moontlik op PIE *nebhro (wolk, newel), en die stad Lagash op PIE *leghos (stoorkamer). Die Sumeriese woord vir ‘n bewerkte land, ugur, mag uit PIE *hegro spruit, terwyl die titel patesi, ‘n goewerneur of burgemeester, baie op PIE *potis (leier) trek. ‘n Hele woordfamilie in Sumeries mag op die PIE stam *ner (man) / *neros (krygsman) gebaseer wees. Dit sluit in die Sumeriese stam ner/nir wat vir prins, held, heerser of owerheid gebruik uploads/Geographie/ proto-indo-europees-en-die-heimat-in-armenie.pdf

  • 25
  • 0
  • 0
Afficher les détails des licences
Licence et utilisation
Gratuit pour un usage personnel Attribution requise
Partager